Welkom by Ali se Winkel 082 460 3855 | 013 741 5294
Cart 0
Kunswerke - Yskasmagnete/Fridge magnets
Cato van der Merwe

Kunswerke - Yskasmagnete/Fridge magnets

Regular price R 20.00

"My vingers in die louwarm styselpap tydens die kunsklas toe ek klein was ... kleure vloei en meng en ek is in uitsterse verwondering oor 'n skeppingsproses wat uit my eie vingerpunte groei.  Net daar is die saadjie geplant om jare later 'n werklikheid te word. 

"Die Vader seën my met 2 pragtige kinders en potte vol verf.  Dit is nou 25 jaar later en my vingers is steeds skeppend in sagte akriel- en olieverf en so vaar my kunswerk die wye wêreld in. Met Vader Claerhout as my grootste inspirasie en Prof Hans du Plessis se Griekwapsalms (met sy toestemming) is dit steeds soos manna uit die hemel en die lekkerste lekker om iets te skep wat iemand raak. Of dit nou katte, donkies, kerke, huise of musiekmakers is.  Alle eer aan my Hemelse Vader dat daar 'n bemoedigende boodskap mee kan saamgaan, en ook nog steeds elke dag vir my aanspoor om my beste te lewer."  - Cato v d Merwe

Hierdie yskasmagnete op die houtblokkie is 7cm x 7cm.  


Share this Product