Welkom by Ali se Winkel 082 460 3855 | 013 741 5294
Cart 0
Swepe/Whip
Johan Steyn

Swepe/Whip

Regular price R 985.00

Johan Steyn het as kind belang gestel in die vleg van swepe en in 2009 het hy sy eerste sweepmaakkursus voltooi. Die swepe word gevleg met 8 beesleer rieme en wat dit uniek maak is die vlegrigting - van die dunkant af terug na die handvatsel. Die stokke word van ysterhout gemaak en die knoppe van olienhout. Elke stok is uniek vanwee die vlekke en greine op elke stuk hout. Die voorslag is van Kuduleer.  Die Turbo (Maw die wit toutjie) beskerm die voorslag en maak die klapaksie makliker en sy klank harder.  Behandeling met Dales Dubbin is essensieël en deeglike behandeling voor en na gebruik sal die optimale werksverrigting en lewensduur verseker.  Elke sweep is uniek genommer.  

Ek het Johan raakgeloop by 'n fees.  Wat kan ek sê.....ek het die voorreg gehad om hom in aksie te sien en hy mag maar vleg!!! 

 


Share this Product


More from this collection