Welkom by Ali se Winkel 082 460 3855 | 013 741 5294
Cart 0
Meelbroek
Estelle Venter

Meelbroek

Regular price R 320.00

Unieke handgemaakte meelbroek en is beskikbaar in die natuurlike meelsakkleur.  

Aangesien die lap afsonderlik handgekleur word, varieer die kleure en kan dit effens donkerder of ligter as die voorbeeld (sien foto) wees.

Was dit gewoonweg in die wasmasjien en jippie, dit hoef nie gestryk te word nie! (Ideaal vir studente en vakansies!!) Met gereelde dra en was word die lap mettertyd sagter en dra dit al hoe lekkerder en meer gemaklik. 

Die broeke het ‘n rek en 'n toutjie vir verstel, en met groot sakke. Mens leef daarin - van slaap tot dorp toe! Boonop is dit vir mans en vroue, oud en jonk - trouens, dis 'n broek wat almal pas.

Die Cargo-styl broek is lank en beskikbaar in XS, S, M L, XL, XXL.  

Die Hipster-styl se kruis is korter en sit so bietjie stywer om die sitvlak. Die broek is beskikbaar in XS, S, M, L

Onthou om wanneer jy bestel te noem of jy die Cargo- of Hipster-styl verkies.

 

 


Share this Product


More from this collection