Welkom by Ali se Winkel 082 460 3855 | 013 741 5294
Cart 0
Iluba Rose / Roses
Jeannie Hattingh

Iluba Rose / Roses

Regular price R 70.00

Iluba Rose, die beste alternatief vir vars blomme in jou huis!

Iluba Rose is vars rose wat, sodra dit gesny is, chemiese behandel word om dit te preserveer. Tydens dié proses word dit gekleur, so die kleure is nie die roos se natuurlike kleur nie. Die roos se natuurlike geur word weer van binne af versterk, en dis waarom die reuk so lank hou.

Hierdie rose word gewaarborg vir 6 maande, maar die lewensduur is gemiddeld 2 – 3 jaar! Dit moet geen water kry nie, sover moontlik van direkte sonlig gehou word en so min moontlik hanteer word. Stof dit bloot af met 'n sagte verestoffer so elke nou en dan.

Die rose hou van humiditeit. Wanneer dit droog begin lyk tydens die wintermaande, laat dit vir rukkie in 'n badkamer staan sodat dit van die vog kan intrek.

Omdat dit ‘n natuurlike produk is kan die kleurskakerings verskil van tyd tot tyd.

'n Enkele roos of 'n hele bos? Bestel soos dit jou beursie pas. 

Weens die delikaatheid van die rose versend dit moeilik. Bestellings kan afgehaal word by die Innibos-kantoor. 


Share this Product


More from this collection