Welkom by Ali se Winkel 082 460 3855 | 013 741 5294
Cart 0
Kos Innibos-kookboek / Cookery Book
Innibos

Kos Innibos-kookboek / Cookery Book

Sale price R 120.00 Regular price R 150.00

Die Kos Innibos-kookboek het die lig gesien in 2008 en daar is slegs 'n beperkte aantal van hierdie eenmalige publikasie oor.

Innibos-kunstenaars lewer nie net kookwater-vertonings op die verhoog nie, maar kan ook stoom voor die potte. Kosgeheime is daar baie van in die boek en onvergeetlike geregte is daar volop, al is it duidelik dat sommige kunstenaars meer vaardig is in die kombuis as ander! 

Dié is 'n kookboek wat vir veel meer redes as vir bloot kosmaak geniet kan word. Gebruik dit tot satwordens toe in die kombuis, laat lê dit op die koffietafel vir deurblaai en verkneukel jou telkens in iedere kunstenaar se storie rondom spys en drank. 

Geniet dit! 

 

 


Share this Product