Welkom by Ali se Winkel 082 460 3855 | 013 741 5294
Cart 0
IsMozBos Bosseep / Bush Soap
Rina Lombard

IsMozBos Bosseep / Bush Soap

Regular price R 38.00

Die storie van hierdie besondere bosseep het begin by 'n ware bosliefhebber wat haar grootste inspirasie in 'n prentjiemooi bosveldlandskap gevind het.  

Êrens op 'n verlate grondpad in die verruklike Botswana het die aanloklike aardse reuk van wildesalie haar aandag getrek - in vervoering met die geurige struik wat so eg na bosveld ruik het sy net daar besef dat dit gedeel moet word met ander.

Bondels en takke is bymekaar gemaak en sorvuldig verpak - en so het sy vertrek met 'n tas vol wildesalie en 'n kop vol drome.  Kort voor lank het sy met 'n finesse vir formules begin met die ontwikkeling en vervaardiging van 'n eiesoortige reeks lyfprodukte, geïnspireer deur die beeldskone eenvoud van die bosveld.  IsMozBos se Bosseep is 'n klein stukkie bosveld-bederf waarmee jy op reis of by die huis die muskiete op 'n afstand kan hou en jou verlustig aan die onmiskenbare geur van die bosveld.

IsMozBos Bosseep met wildesalie en sitronella-ekstrak is verpak in vyf verskillende boksies met kleurvolle ontwerpe en elke sepie kos R38-00.  


Share this Product