Welkom by Ali se Winkel 082 460 3855 | 013 741 5294
Cart 0

Oor ons

Alison owner Alisewinkel“Innibos is ’n gevestigde kunstefees met reeds 13 suksesvolle feeste agter die rug.  Ek is van die eerste dag van die fees se bestaan deel van die entoesiastiese bestuurspan – wat ’n voorreg!

Ek is in beheer van die stalletjies op die Innibos-feesterrein en my jarelange vertrouensverhouding met die uitstallers versterk bykans daagliks, nie net op ’n besigheidsvlak nie maar ook in ’n persoonlike hoedanigheid.  My liefde en respek vir uitstallers het met die jare net toegeneem: Kyk, dit is mense wat bereid is om hul produkte in- en uit te pak al is dit slegs vir ’n paar dae, hul stalletjies boonop móói te laat lyk ondanks stof of reën of hitte, en boonop is hulle vir lang ure op hul voete terwyl ander mense feesvier.

Die pad van ons uitstallers is nie altyd maklik nie – ek wil dit saam met hulle stap.

 Die aanlynwinkel-idee spruit uit die talle navrae oor die uitstallers en hul produkte wat ek jaarliks na afloop van die fees ontvang -  so is Ali se Winkel gebore.   Hierdie kuberwinkel is propvol produkte van die Innibos-uitstallers, van geskenke tot allerhande ander interessante goeters vir spesiale geleenthede of sommer net iets om jouself mee te bederf.  En as jy van die produkte by die fees misgeloop het, is Ali se Winkel die ideale plek om dit dwarsdeur die jaar in die hande te kry.  Ek maak dit vir jou ook nóg makliker deur die produkte by jou voordeur af te lewer. 

Kom loer gerus gereeld in by die winkel (www.alisewinkel.co.za) 

Ek sien uit na jou kuier!”

Groete 

Alison

innibos 2017